Hallo Julle
Daar is 'n vanselfsprekendheid wat ons in die afgelope 5 maande moes leer om te erken, en ons uitkyk daaroor te verander sodat dit 'n blywende effek sal hê op ons vorentoe beweeg.Ons het dit beleef toe ons in die grendeltyd bymekaar kon kom om vir julle iets spesiaals op te neem.
Ons het amper vergeet ons is bymekaar om 'n show op te neem, en wou net weer voel hoe dit voel om saam met vriende te wees. Dít gesê, ons hoop julle geniet dit wat ons kon vasvang.
Helfte van ons was in Pretoria by Pierneefskraal, en die ander helfte by Jongensdal naby Stilbaai. Ons was ook weereens bevoorreg om Gideon Botes op kitaar te verwelkom, Andy Maritz op dromme, Raziela Grey en Laetitia Klein as strykers, en verder die liedjies en stories van die Musiek soos Grond span.
Ons behoefte en hoop is dat ons mekaar se harte kan rig in 'n atmosfeer waar, selfs al is dit 'n aanlyn konsert, julle sal voel asof julle by ons is.
Ons hou julle harte naby ons.
Liefde
Your cart is empty
You don't have any items in your shopping cart yet!Thank you for your order!
Customer Information
Billing Address
Shipping Method
No shipping methods available!
Payment Method
No payment methods are available!
U sal 'n epos met skakel ontvang of kan inteken op go.raindust.co om te kyk.
Jy kan in 'browser' kyk / met 'n HDMI kabel na TV / Mibox
Kaartjies is vir 5 dae geldig om die konsert te kyk.